NG Gemeente Bfn-Noord
Welkom op die webtuiste van die NG Gemeente Bloemfontein-Noord. Ons is 'n gemeente met oop harte wat graag die liefde van Christus wil deel.
Om vir iemand om te gee!
Die grootste opdrag sekerlik vir ons in die samelewing is om iewers op een of ander wyse vir iemand om te gee. Hierdie omgee is ‘n omgee-gevoel, maar dit is ook om jou in iemand anders se skoene te plaas. Dit is om iemand anders se seer as ‘n werklikheid vir die spesifieke persoon raak te sien en te beleef. Dit is die oomblik wat jy jou hart vir iemand anders oopmaak en die ander een in sy haar omstandighede begin verstaan. Hierdie “omgee” groei met tyd en dit behels ‘n besluit en ‘n aksie. Dit kan beteken dat jy ‘n sekere saak finansieel ondersteun of jy deel net ‘n vriendelike glimlag. Dit is om iets te doen en ‘n verskil te maak in iemand se lewe. Moeder Teresa het mense voortdurend aan die volgende herinner...
In die meeste inkopiesentrums in ons wereld is daar die beste uitvindsel ooit. Dit is gewoonlik so op strategiese plekke in die senstrum end it is ‘n rekenaarskerm met die kaart van die sentrum. Al die winkels is daar op aangedui met ook die ingang en uitgang. Die punt waar die kaart opgerig is, word aangedui met die woorde: “you are here”. Dit is veral van hulp waar jy agterkom dat jy verdwaal of jy soek ‘n spesifieke plek. Die beginsel is: “We need to know where we are now. And in order to know where we are now, we need to know where we have come from.” Dit is om jou verlede te verstaan en terug te kyk. Die oomblik as jy dit doen, begin die lewe en jou optrede nou vir jou en my sin maak. Jy verdwaal dan nie sommer in die dinge wat jy nie...